Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
September 12, 2020
DENDRON, LIMPOPO

Johan & Juané

RosesRosesRosesRoses

Juané De Klerk

and

Johan Snyman

DENDRON

LIMPOPO

September 12

2020

Ons Storie

... wat steeds aan die skryf is.

Geliefde harts-mense, dit met groot blydskap dat ons, ons eerste offisiële datum gaan kry. Die rede daarvoor is dat Johan, Juané nooit amptelik of enigsins die kys gevra het nie. Iewers in April 2018 by ‘n “live show”, en met ʼn “how I met your mother” se “het jy al vir Johan ontmoet” - was dit tickets en het ons begin geselsies maak asof dit net ons by daai show was. Die naïwiteit was so dik dat daar amper nie eers nommers uitgeruil was nie. Gelukkig was daar! En ja Juané het die eerste boodskap gestuur (want dis ʼn lekker ou .. ons sal hom dalk kan nooi vir ʼn braai, min wetend dat hy haar hart gaan steel). Van daar af het Johan graag kom koffie drink by Juané, selfs tot 1-2 uur in ‘n weeksaand want liefde het mos geen begrip van tyd nie... Johan het geen timing nie, so skaam dat dit amper net by vriende gebly het, regtig tjom meer as twee weke se koffie sonder om ʼn move te maak!? Tog met ‘n man wat voete sleep, hoë mure en rooi gesiggies kon ons harte nie help om verlief te raak nie. En tot vandag toe nog het ons nooit opgehou “koffie drink” nie. Ons het wel vinnig besef dat daar iets besonders aan die gebeur is, en ons het vinnig tot die besef gekom dat ons vir mekaar bedoel is - maar soos in FOR REALS!! Deur dik en dun en deur al die storms van die lewe het ons bootjie net “smooth-sailing” beleef. Dit is te danke aan die besonderse vrede en liefde wat ons in mekaar vind, en sonder twyfel net ter eer aan God se Genade. Dis dus met groot vreugde en harte wat oorstroom van opgewondenheid dat ons julle ons mees spesiale mense vra om saam met ons die Snyman Bruilof te kom vier.

Footer image