Die Spur oorkant die universiteit is bekend vir sy Sondagaande burger specials en studente budget breakfasts, maar ook vir die kans-ontmoetings van vriende en soms baie spesiale pasmaats. Vir Jeanie en Luan was dit geen uitsondering nie. Luan het met 'n vroeg oggend Unreal Spur breakfast en menigte skerp grappies Jeanie se oog gevang en 'n lighartige vriendskap het begin. Hulle het saam gedans, saam studeer en saam gelag, soos net twee derde jaar mediese studente kon. In Augustus 2016 het Wag-'n-Bietjie dameskoshuis Vishuis se August week gewen en tussendeur al die trollieresies en danspassies het Luan haar finaal oorgewen. Dit was soos 'n skoen wat dadelik gemaklik pas. Hulle vriendskap het natuurlik geblom in 'n sterk verhouding vol avonture, harde tye, goeie tye en 'n drie-dubbele tou wat nie bang is vir die toekoms nie en mekaar lief het en ondersteun deur die lewe se hoekies en draaitjies. Nou is hulle altwee dokters in Kimberley en al is die wêreld in die Noord-Kaap plat, vier hulle die pragtige sonsondergange en goue vlaktes saam en geniet elke oomblik saam met hulle vriende en familie.