Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
December 13, 2025
Pretoria, Lace on Timber

Franco & Carla

    Tuisblad
    Venue Aanwysings & Skedule

Franco

&

Carla

December 13, 2025

Pretoria, Lace on Timber

Die Wagener Liefdesverhaal

Die Wagener liefdesverhaal het afgeskop in 2017, die Graad 10 jaar van Franco en Carla se skoolloopbaan, kort na hul Junie-skoolvakansie. Die twee kennisse het van die begin van die jaar af beurte gemaak, as gesamentlike klasleiers, om die daaglikse takie van die teenwoordigheid-register-afgee by die kantoor, te verdeel. Die dag het gekom wat die twee nie op die gevoltrekking kon kom wie se beurt dit was om die takie af te handel nie. Aangesien dit altyd ‘n goeie verskoning was om nie in die klas te wees nie het die twee, na ‘n vinnige kibbel, ooreengestem om saam die klasrooster te gaan ingee. Oppad na die kantoor het die gewone een-sin-geprekke vinnig ontknoop in ‘n gesprek waar beide moes veg vir 'n spreekbeurt. Nodeloos om te sê het registerperiodes hierdie twee se gunsteling 30 minute van ‘n skooldag geword. Kort voor lank het Franco sy sitplek agter in die klaskamer verruil vir die oop stoel langsaan Carla heelvoor in die klas! So het hy verseker dat hy kon voortduur om met haar te kommunikeer- dikwels het dit skelm briefies verreis tydens hul af toetsperiodes. Op hierdie wyse het hul vriendskap ontstaan, en vinnig het hulle mekaar se klankborde geword. Skoolaktiwiteite was nie meer net vir die pret nie, dit was die perfekte geleenthede om meer tyd saam mekaar deur te bring. Alhoewel hulle op daardie stadium albei ander liefdesverhale aan die kantlyn nagejaag het, het hulle mekaar al hoe meer begin bewonder. Dit het nie lank geneem voordat hulle besef het dat die ander persoon die eerste gesig was waarna hulle gesoek het in die oggende op die aantreëblad, en die laaste groet was wat hulle wou gee om die middag af te sluit. Hul gesprekke tydens klas wissel was gou geklassifiseer as onvervuld en was dus die rede waarom Franco se maandelikse lugtyd vinnig uitgehardloop het. Hierdie twee se verliefdheid tot mekaar was bevestig met ‘n skelm handvashou na Franco se Beeld Trofee finaal. Daardie selfde aand het dié kamstige vriendskap in heelwat meer verander na hul eerste pik soen. Al wat ons kan sê is- die Beeld Trofee finaal was nie die enigste titel wat Franco daardie dag GEWEN het nie. Op 30 September 2017 het Franco vir Carla gevra om sy meisie te wees, min wetende dat hierdie avontuur sou ontstaan in ‘n ewige roman. Na sewe jaar se diep liefde, reinste vriendskap, en onvergeetlike herinneringe het Franco op 24 Junie 2024 'n belofte aan Carla gemaak: om haar te lei, te beskerm, en viraltyd aan haar te voorsien. Hy het haar aan God opgedra as sy grootste seën en belowe om haar vir die res van hulle lewens te kies.

Footer image
For all the days along the way
About ZolaGuest FAQsOrder statussupport@zola.com1 (408) 657-ZOLA
Start your wedding website© 2026 Zola, Inc. All rights reserved. Accessibility / Privacy / Terms