Johannes en Elouise se storie het begin op ’n kampnaweek tussen tente, kampvure en die stilte van die plaas. Daar het hulle mekaar beter leer ken. Saterdag middag het Johannes plaas toe gegaan om die pompe te gaan af sit. Elouise het saam gery, hoofsaaklik omdat dit die enigste plek was waar sy selfoonsein kon kry. Wat eintlik net ’n vinnige draai sou wees, het verander in ’n lang gesprek… want skielik was daar baie om oor te praat. Nadat hy al die pompe af gesit het, het Johannes voorgestel hulle loop gou deur die stoor, want hy “moet iets gaan haal”. Sy plan was eintlik om sy Volla te wys. Maar dinge het nie heeltemal volgens plan verloop nie… Toe Elouise ’n klein dogtertjie was, het sy altyd gesê sy gaan eendag trou met ’n man met 'n rooi trekker, 'n ronde tafel en hout vloere. En daar staan sy toe – in ’n stoor, reg voor ’n groot rooi Massey Ferguson trekker. Die Volla? Glad nie eers raakgesien nie. Johannes het die storie so gekyk en sonder om enige iets te sê het hy die stoordeur oopgemaak en vir haar gesê sy moet opklim. En net so… tussen kamp, ’n stoor en ’n rooi trekker… het Johannes en Elouise se storie begin.