Ons storie het in Febuarie 2013 in Pretoria begin. Angelique het Pretoria toe getrek om iets van haarself te maak met groot drome vir haar toekoms, maar toe moes haar drome opsy gesit word toe sy met kanker in Febuarie 2013 gediagnoseer is. Gedurende hierdie tyd het sy by Mojo's Kroeg en Restaurant gewerk waar sy vir een van haar kollegas gevra het dat sy graag nuwe mense wil ontmoet omdat sy niemand daar ken nie. Dis toe dat sy Brendon se nommer by die vriendin kry. Brendon en Angelique het begin oor Mxit gesels en a.g.v alles wat aangaan met haar siekte het sy nie in 'n verhouding belang gestel nie. Brendon het ten spyte van alles nie opgegee nie en het vir haar by die kroeg kom kuier. Brendon het haar self in die hospitaal besoek toe sy moes gaan vir haar toetse. Van daar af was dit neusie verby en hulle het saam by n buffet restaurant gewerk en mekaar meer gereeld begin sien totdat Brendon sy kans in April gevat het en haar uitgevra het waar sy toe onder die tafel ingekruip het. Hulle het in April 2013 begin uitgaan en was van daai oomblik af onafskeidbaar. Angelique moes met haar kanker behandeling kort hierna begin en Brendon was vir 6 weke elke dag langs haar sy wanneer sy vir haar behandeling moes gaan, wanneer sy siek gevoel het en net nie kans gesien het vir enige iets nie. Vir die jare wat daarop volg het hulle saam gebly vir 'n hele ruk en a.g.v hulle albei se hardegatgeid was dit nie altyd maanskyn en rose nie. Angelique het einde 2017 vir werk Kaap toe getrek en gedurende hierdie tyd was hulle uit mekaar uit. Ten spyte van alles wat hulle uitmekaar uit probeer hou, het hulle paaie weer bymekaar uitgekom en Brendon het by Angelique in 2018 in die Kaap aangesluit - 3 jaar later en hulle is oppad om die grootste stap van hulle lewe te maak - om die huwelik te betree. Somtyds moet mens onthou dat jy liefde in die moelikste omstandigede kan vind en dit is 'n liefde wat nooit vervang kan word nie.