Die manier waarop ons ontmoet het was eintlik super awkward, want ons het ontmoet op n speed-dating aand. Danie het een of ander grap gemaak oor die timer en toe het Vicky harder gelag as wat Danie doen. Vir die wat vir Danie ken, weet dat dit onmoontlik is. Dit was die oomblik toe hy weet daar is iets spesiaal aan hierdie meisie. Vicky geniet goeie geselskap, mense wat genuine is en iemand wat sy lekker mee kan lag. Dit is wat haar heeltemal gemaklik laat voel om haarself te wees. Dit is die gevoel wat sy ervaar het toe Danie vinnig by die stoel inglip. Danie se persoonlikheid het haar só maak lag dat sy het hom geniet nog voor sy hom leer ken het. Soos enige ander verhouding het hulle as vriende begin, ‘n koffie hier en daar, Danie wat haar laat sweet en Vicky wat amper begin moed opgee. Min het sy geweet by die Botaniese Tuine het hy die eerste vraag gehad, en op die 1st Junie 2024 is hulle gekys. Hierdie stadsmeisie was smoor verlief op hierdie boerseun en sy kuite, totdat sy besef dat sy saam met hom plaas toe moet gaan. Daar was n paar tradisies wat vir haar lê en wag, soos tuisgestookte mampoer, beeste aanjaag en Danie se gunsteling; die Simba met vars gebakte beesmis. Vicky het nie net kop bo water gehou nie, sy het geswem en elke tradisie geslaag met vlieënde vandels. Hulle verhouding was regtig nes uit n seepie, letterlik - veral die seepie Friends. Ja, julle kan dit raai “they were on a break”. Net soos Ross en Rachel het hulle hul pad weer terug na mekaar toe gevind. In diè proses het hulle agterkom hulle altwee is maar bietjie dramaties en in daai opsig perfek vir mekaar. Dit was daarna duidelik dat hulle mekaar kies en mekaar aanhou sal kies tot hulle laaste asem. Danie het Vicky gevra om te trou want hy wou elke oomblik saam haar deel en Vicky het ja gesê want sy kon nie haar lewe indink sonder hom nie. Hulle dank die Here elke dag vir mekaar.