Maid of Honor
My beste en enigste sussie; ons is teenoorgesteldes in baie maniere en tog presies dieselfde. My beste vriendin – Dankie vir jou.
Best Man
Hy het Linden toe gekom van Hoërskool Florida af. Ons was op 'n kamp in Graad 10, waar ons in 'n groep was, apart van ons ander vriende. Daar het ons 'n band gebou wat vir ewig sou hou. Hy is my beste pel en nader as 'n broer.
Bridesmaid
My neighbour in Vergeet My Nie dames koshuis – ons kon by mekaar in pop vir 'n "vinnige koffie" wat uigedraai het as laat aand lag sessies (tot en met iemand ons kom stil maak het). Nou het ek 'n vriendin vir 'n leeftyd.
Groomsman
Ek en my Namibiese pel, het op die eerste dag van koshuis op Universiteit ontmoet en het dadelik geclick. Ons was al deur baie saam en hy is my jag en visvang pel. Alhoewel hy amper 2000km weg bly maak ons nogsteeds tyd vir ons jag trippies.
Bridesmaid
Ons het voor-graads en na-graads saam geswot en mekaar ondersteun deur moeilike take en toetse, harde sweet gym sessies, cocktail en kaas aande, en het ek 'n vriendskap wat ek vir altyd sal koester.
Groomsman
Die koning van katte kwaad en een van die snaakste mense en die grootste stoutgat wat ek ken. Ons het tydens O&B op Universiteit ontmoet, waar hy die tyd vir ons almal so bietjie maklikker gemaak het. Hy het altyd tyd vir 'n grappie en is iemand wat groot impak op my lewe gehad het.
Bridesmaid
Wesley se sussie en nou my bonus sussie. Die enigste ding beter as om jou as 'n sussie te hê is om jou as 'n vriendin te hê. Jy sal altyd my gunstelling (en enigste) skoonsussie wees.
Groomsman
My sussie se kêrel al vir die afgelope 8 jaar. Hy is een van daardie mense wat jy 3uur die oggend kan bel en sê jy is in die moeilikheid, dan is Delarey daar oor 'n paar minute. Behalwe dat Delarey my aanstaande swaer is, is hy 'n baie goeie pel vir my.