Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading

Ons Storie

The Wedding Website of Wiehann Louwrens and Kayla Kruger
As dit nie vir sosiale media was nie, sou ons paaie heel waarskynlik nooit gekruis het nie. Soms gebruik die lewe die mees onverwagse maniere om twee mense bymekaar te bring, en ons is die bewys daarvan. Wat begin het met ’n paar foto’s op ’n skerm, het vinnig gegroei tot iets soveel groter. Wiehann het vir Kayla raakgesien en onmiddelik geweet dié blou-oog nooi het sy hart gesteel. Met geen tyd mors, het hy haar gevra om koffie te gaan drink. Daardie eerste koffie het alles verander en albei het geweet dat die ontmoeting nie toevallig was nie. Van die begin af het dit gevoel asof ons mekaar ń leeftyd ken. Die liefde het net sterker gegroei. Elke oomblik saam het bevestig dat ons mekaar se pasmaats is. Wat begin het met ’n boodskap en ’n koppie koffie, het ontwikkel in ’n liefdesverhaal. Met opgewondenheid sien ons nou uit na ons lewensreis saam - om hand aan hand, hart teen hart, saam die lewe aantepak – HIERDIE IS VIR ALTYD!

Saturday, June 13, 2026

Louwrens Troue

2:30 pm

De Oude Kraal Country Estate
South Bloemfontein, FS, South Africa