Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading

Ons trou!

Wernich

&

Marcelle

#VirAltydHenning
12 September 2026
SeMoer Destination, NW

Ons Storie...

Wie sou kon dink dat ’n HK-termyn só sou uitdraai? In 2022 het Wernich besluit om ’n ekstra jaar op die PUK te bly en die NWU Besigheidsskool aan te pak—kwansuis om Prim van Patria te word. Maar as mens eerlik is, was dit eintlik sy laaste kans om sy toekomstige vrou op die PUK te ontmoet. Hulle sê ’n man soek ’n vrou soos sy ma… minwetend dat ’n Vergeet-my-Nie-dame, en boonop ’n JOOL HK-lid, perfek by daardie beskrywing sou pas. Dit alles het begin op ’n naweek weg. Die reëls is duidelik uiteengesit—maar almal weet mos, reëls is daar om gebreek te word… veral as Wernich self die een was wat dit gemaak het. Die reël: “Geen verhoudings en rondgevryery in die HK-sleep nie— want as dinge nie uitwerk nie gaan julle dinge net ongemaklik maak.” Maar op 12 Februarie 2022 het alles verander... Toe niemand lus was vir ’n wyntjie by die dam nie—want R&O tap ’n mens behoorlik uit—was daar tog een persoon wat ingestem het. Net een. Die een! Met ’n bottel van Oupa Fanie se spesiale rooiwyn, twee geleende wynglase, ’n slab sjokolade en Riana Nel wat sag in die agtergrond speel, het iets besonders begin. Vir ’n hele ruk moes dit ’n geheim bly, maar om iets so spesiaal weg te steek, is basies onmoontlik. Dit was darem nie buitegewoon om twee van ’n sleep raak te loop tydens JOOL-aankope nie… en die Prim kom mos by almal van sy sleep uit om seker te maak alles verloop glad. En dit… was maar net die begin van ons storie. In 2023 het ons die langafstand-verhouding aangepak, maar selfs daarmee het ons liefde net van krag tot krag gegroei. Wernich sy eerste jaar as werkende, en Marcelle haar laaste jaar op die PUK as Prim van Vergeet-My-Nie. In 2024 betree Marcelle die werkersklas en trek sak en pak Pretoria toe—’n nuwe hoofstuk, maar dieselfde liefdesverhaal. En toe, op 10 Oktober 2025, vra Wernich die grootste vraag… met die maklikste antwoord. Die vraag waarvoor almal gewag, gewonder en gewens het. Ons storie is nog vêr van klaar, maar van hier af help julle almal skryf, want julle het ons storie in lewende lywe gewaar!

Footer image