Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
June 20, 2020
Port Elizabeth, Oos Kaap

Phillip & Amoré

    Tuis
    Foto's

Amoré Fouché

and

Phillip Vermeulen

June 20, 2020

Port Elizabeth, Oos Kaap

Ons storie

Ons het mekaar by die Kirkwood Wildsfees ontmoet, maar Phillip het toe nog in die Kaap gewoon en Amoré in die Baai. Twee jaar het verby gegaan voordat Phillip PE toe verhuis het en sy moed bymekaar geskraap het om die pragtige krulhaar dame saam te nooi na sy broer se troue toe. Dit is waar die vonke begin spat het, nadat Amoré sy dans “moves” gesien het... Presies drie maande later met ‘n sonsopkoms, vra Phillip vir Amoré om ‘n pad saam met hom te stap en gelukkig was sy gewillig om haar tekkies aan te trek. Ons tweetjies het mekaar goed leer ken, Europa deur gereis en baie avonture saam aangepak. Baie jare het verby gegaan voordat daar sprake van trou was, want almal ken mos die gesegde van trou en perde. Op die 20ste Julie 2019 gebeur die onverwagse (almal het wel verwag dit moes êrens gebeur) - tydens ‘n romanties wegbreek naweek in Addo buig Phillip die knie tussen die wilde diere! Die opwindende tyd het aangebreek, en die troue se datum word gekies. Die rondry en beplanning word gedoen, en dit is nou waar hierdie storie in die prentjie inpas. Op die 20ste Desember 2014 was ons eerste “date”, 20 Maart 2015 word ons amptelik ‘n paartjie en 20 Julie 2019 raak dinge ernstig. Kom geniet die feesvieringe saam met ons wanneer ons die stap in ‘n maraton verander op (ja jy het dit geraai…) 20 Junie 2020!

Footer image
For all the days along the way
About ZolaGuest FAQsOrder statussupport@zola.com1 (408) 657-ZOLA
Start your wedding website© 2025 Zola, Inc. All rights reserved. Accessibility / Privacy / Terms