Ons eerste ontmoeting was in die hoërskool toe ons net 14 en 15 jaar oud was. Dit het as ’n jong liefde begin en oor die jare gegroei in iets diep, standvastig en betekenisvol. Deur studies, langafstand en die uitdagings wat daarmee gepaard gaan, het ons mekaar altyd gekies. In 2026 vier ons tien jaar saam — tien jaar van groei, lag en onvoorwaardelike liefde. Vandag staan ons dankbaar en opgewonde, verloof met harte vol verwagting, gereed om voor God en ons geliefdes ’n ewige belofte aan mekaar te maak en ons volgende hoofstuk saam te begin.