Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
December 9, 2020
Cradle Valley Guest Lodge, Muldersdrift
#Suz&Ruv

Suzanne & Ruvan

    Home
    Schedule

Ruvan

Avenant

and

Suzanne

Meyer

#Suz&Ruv

December 9, 2020

Cradle Valley Guest Lodge, Muldersdrift

Our Story

Ruv: Ek onthou die dag toe ek verby Suzanne, Tannie Laura en Jetez in Potchefstroom gestap het. Ek het dadelik gedink: “Sjo, check daardie drie sexy girls, veral die een met die donkerder hare.” Tot vandag toe was ek nog nie suksesvol om haar hart te wen nie. Jetez wil nogsteeds nie te veel met my te doen hê nie. Dit was 'n paar maande later wat ek en van my Potch-vriende een aand uitgegaan het. My vriend Allen was daar en het vriende gemaak met n meisie. Sonder dat enige iemand dit besef het, was hierdie meisie een van Suzanne se baie goeie vriendinne. Suzanne was nie daar die aand nie, maar ons het 'n kuier vir n paar dae later gereël. Dit was by hierdie kuier wat ek vir Suzanne "officially" die eerste keer ontmoet het. Ek het haar gesien, herken van die eerste verbystap en myself voorgestel. Sy het vir my 'n Carling Black Label aangebied. Dit was daar en dan wat ek besef het hierdie beeldskone meisie is iemand wat ek beter wil leer ken. En ek is baie bly ek het! Suz: So almost nine years ago, my best friend at the time, Marga told me about a group of guys that she met on a night out. Marga took Allen's number and the following day she sent him a message to come over to visit us at my apartment. Something that is completely unusual for her. When Allen got to our place, he had a friend with him, so when I met Ruvan I thought that he wasn't too rough on the eyes :) Not knowing that he was Robert's cousin and that he also lived in the same complex. We all relaxed at my apartment and when he joined us, I gave him a Black Label. That was appartently the "selling point". I was single for quite a while at university and was looking for more in a person and a relationship. I prayed that God would send me the right person, especially in the 2 weeks before I met Ruvan. I prayed for someone that God wanted me to be with, but also someone that is my idea of perfect who shared my interests and values. Then I met Ruvan.

The Proposal

05 Januarie 2019

Beslis van my beste werk, al moet ek self so sê. Kyk dit was nie maklik nie. Ek het geweet ek wil vir Suzanne vra om te trou onder water. So... stap 1 was om haar te kry om te begin duik. Sy het dit vinnig reggekry en Suzanne het haar eerste duik in 2015, saam my gedoen, ek was ver voor skedule. Vir drie jaar het ons wanneer ons die geleentheid gekry het, saam geduik. In 2018 het ek besluit om die plan verder te vat. Stap 2... was om 'n wenspan saam te stel. Die eerste lede van die span was Tannie Laura en oom Willie toe ek hulle een aand gevra het of ek Suzanne mag vra om te trou. Ek het genoem dat ek dit graag in Sodwana wil doen en graag altwee families daar wil hê. Hulle het ingestem. Die volgende lede was my ouers, oupa en Kay-Lee. Kay-Lee en my oupa moes saam duik en fotos neem terwyl my ouers help met die reëlings. Ek het wel amper 'n paar keer die aap uit die mou gelaat terwyl ek en Suzanne wyn drink, maar ek het dit reg gekry om myself te keer. Na stap 3... Ek het die ring laat maak en alles was reg vir aksie. Die wenspan het Sodwana toe gegaan en die plan was om vir Suzanne op ons 2de duik die groot vraag te vra. Ek het 'n seëlringetjie met 'n gelamineerde papier (plan van aksie wat wenspan saam aan gewerk het) reg gehad om saam onder water te vat. Alles was in orde tot ons daar aan gekom het en Suzanne nie wou duik nie. Gelukkig het ek die datum op die ringetjie gemaak vir ons tweede duik. Na motivering van die wenspan het sy besluit om die 2de duik wel te doen. Ek het die groot vraag onder water gevra en alles het perfek verloop. Sy het ja gesê. Toe ons weer op land kom, het ek die regte ring gegee en dit was een van die beste dae en vakansies van my lewe!

Footer image
For all the days along the way
About ZolaGuest FAQsOrder statussupport@zola.com1 (408) 657-ZOLA
Start your wedding website© 2025 Zola, Inc. All rights reserved. Accessibility / Privacy / Terms