Verblyf
Ons is so opgewonde om ons troue op die plaas te hou waar Su-Raè gebore en groot geword het en haar broer nogsteeds boer, dit is 'n plek baie na aan ons altwee se harte. Om die KilianKuier behoorlik te geniet (en nie laat aand terug te ry nie) nooi ons julle hartlik uit om op die plaas te kom kamp onder die Klein-Karoo sterre of met Linda by 074 583 7809 te reël om in die huis oor te slaap. Alternatief is daar ook twee gaste oorde 5km van die plaas waar julle akkomodasie kan boek, vir julle gerief sien die skakels na die gaste oorde hier onder. Daar is ook baie akkomodasie beskikbaar in Calitzdorp, wat so 15 minute se ry van die plaas af is, aageheg is ook 'n skakel na verblyf opsies in Calitzdorp.
Dans onder die sterre is soveel meer lekkerder as jy weet jou bed net 'n klipgooi ver is!
Want wie wil nou die partytjie stop net omdat die sterre of oggend son begin skyn?