Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
leaves

Belangrike Inligting

Question

Hoe om by die plaas uit te kom

Answer

Moses Hope Plaas is 40km buite Oudtshoorn, en 5km voor die gasteplaas Karoo water. Soos jy by die T-aansluiting inry is ons die eerste plaas aan die linkerkant. Alternatief soek net vir "Moses Hope Boerdery" op jou google maps en jy sal direk na die plaas aangewys word.

Question

Wat is die kleredrag?

Answer

Semi-formeel Hou asseblief in gedagte dat die troue op 'n plaas plaasvind – kies dus skoene wat gemaklik is vir ’n buiteluggeleentheid. Ons kleure is liggroen en bruin as inspirasie, indien julle wil bypas.

Question

Kinders

Answer

Die onthaal is gereserveer as ’n volwasse kuier, en kinders sal ongelukkig nie by die onthaal venue self kan wees nie. Maar moenie bekommer nie – ons het vir hulle ’n gesellige plekkie in die plaashuis sowat 200 m van die venue af gereël, met toesig deur die aand. Daar sal flieks, speletjies en ander pret wees om hulle besig en gelukkig te hou! 🌿🤎 Ouers kan enige tyd gaan inloer. Ons vra net asseblief dat julle self kos vir die kinders saambring en kinders nie na die onthaal venue toe bring nie.

Question

Eie Drankies

Answer

🍷✨ Bring jul eie drankies: Ons wil graag hê almal moet hul gunsteling drank geniet, daarom vra ons dat julle asseblief self drank saambring vir die aand. Daar sal wyn op die tafels wees tydens ete, maar verder is dit BYOB (bring your own bottle). 🌿🤎