Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
March 14, 2026
Potchefstroom, North West
#souensyvroutrou

Gerda & Rousseau

Gerda Swart

&

Rousseau Van der Merwe

#souensyvroutrou
14 Maart 2026
Potchefstroom, North West

Van 'n drankie in Texas na 'n Ja in Mosselbaai.

Ons storie begin op een van daardie aande waarvoor ’n mens glad nie beplan nie. Die soort aand waar jy net saamgaan omdat vriende aandring. Vriende wat, sonder dat ons dit besef het, al lankal deel was van die verhaal wat God besig was om te skryf. Wat begin het as ’n onskuldige drankie by die Texas-kroeg, het geëindig met ’n ongeïnteresseerde Rousseau wat wegstap sonder enige hoop vir liefde. Maar Gerda , en natuurlik Hennie , het van die eerste oomblik af geweet dat dit glad nie die einde was nie. Dit was maar net die eerste bladsy van ’n ongelooflike nuwe hoofstuk. Die Skrywer van ons lewe het egter die volle storielyn gesien. Hy het geweet wat Hy besig is om te bou. Met Sy perfekte tydsberaming het Hy ’n inleiding geskryf wat ons albei onkant gevang het, een waaroor ons vandag nog glimlag. "Fast-forward" drie jaar: hoofstukke vol lag, groei, moeilike oomblikke, oorwinning, vertroue, en liefde wat al hoe dieper geword het. En toe staan ons daar… aan die begin van ’n nuwe boek in ons reeks: die verlowing. Rousseau, met ’n kloppende hart en ’n plan wat in Gerda se oë perfek was, het ’n dag gereël vol familie, liefde en ’n staproete wat vir altyd naby aan ons harte sal lê. En daar, tussen die see, berge en oneeindige liefde- is die begin van die volgende hoofstuk geskryf. En van nou af sal die liedjie in ons huisie só klink: “Ai ai die witborskraai, hier vandaan na Mosselbaai, hoog gevlieg en laag gedraai, by die grootsee ‘ja’ gese.” Die boek gaan aan, en hierdie keer skryf ons saam terwyl God steeds die pen vashou.

Footer image