Let asseblief dat jy slegs 'n metgesel mag saambring indien dit op jou uitnodiging aangedui is.
Die amptelike kleredragkode is "Formal Garden Party Attire". Dames, verwys asseblief na hierdie pinterest-bord vir inspirasie: https://pin.it/iL93Rv3ZK Mans, julle mag ook kleurvol aantrek, maar 'n chino broek en wit hemp is ook perfek.
Daar sal 'n kontant kroeg met kaart fasiliteite wees.
Kinders wil gesien EN gehoor word by die Boshoff troue! Daar sal iemand wees om 'n ogie oor die kinders te hou en hulle lekker besig te hou terwyl jy op die dansvloer is.
Ons vra dat al ons gaste asb hul selfone afskakel om saam met ons in die oomblik te wees gedurende die seremonie, na die seremonie mag julle so veel as moontlik foto's neem. NB! Moet asb geen foto's op sosiale media plaas van die bruid en die bruidegom voordat hulle nie self 'n kansie gehad het om dit te doen nie.
Ons vriende en familie se teenwoordigheid is vir ons die grootste trou geskenk. Maar as jy daaraan dink om 'n geskenk te gee, is 'n geldjie 'n goeie idee.