As jy nie RSVP voor die 31ste Januarie nie, bring asb jou kampstoel en 'n kospakkie.
- Brian en Sabrina het in Julie 2021 ontmoet langs 'n braaivleisvuur terwyl Brian besig was met sy Internasionale Braai Jaar. - Vir hul eerste 'date' het Brian vir Sabrina ribbetjies gebraai om te toets of sy dit soos 'n dame met 'n mes en vurk gaan eet, of soos 'n vrou - met haar hande! - Brian en Sabrina het hul eerste hondekind, Moana, in 2022 gekry (vernoem na Brian se gunsteling fliek), daarna vir Maui 'n jaar later, en Pua in 2024. - Sabrina is bang vir die donderweer, so Brian maak altyd haar ore toe wanneer dit reën in die aand. - Brian het vir Sabrina gevra om te trou in die Golden Gate Nasionale Park in Clarens, by die "Vermaak Uitkyk" - Brian se gunsteling ding van Sabrina is haar oë en dat sy altyd wil hê dat almal om haar gelukkig moet wees. - Sabrina se gunsteling ding van Brian is sy dimpels en dat hy verskriklik hulpvaardig is, hy sal sy laaste geldjie gebruik om vir iemand kos te koop al is hy ook honger.