Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
June 6, 2026
Vintage Yard, Parys, Vrystaat
#HoeKrugerHoeBeter

Rohan & Annie

leavesleaves

Rohan Kruger

&

Annie Hartung

#HoeKrugerHoeBeter

June 6, 2026

Vintage Yard, Parys, Vrystaat

Ons storie

Ons het mekaar op Koer ontmoet, nie juis hoe ons gedink het ons liefdesverhaal sou begin nie, maar dit het gou duidelik geword dat dit presies reg was. Van ons eerste gesprekke af was daar iets besonders, al was ons nie naby aan mekaar nie. Omdat ons ver van mekaar af gewoon het, het ons verhouding as ’n langafstandverhouding begin. Dit was nie altyd maklik nie, maar dit het ons geleer om mekaar te vertrou, geduldig te wees en elke dag doelbewus mekaar te kies. Oproepe het lank geraak, boodskappe het deel van ons alledaagse lewe geword, en elke kuier was iets waarna ons uitgesien het. Ons eerste ontmoeting en  ons eerste glasie wyn in die hand was die koeël dadelik deur die kerk — gemaklik, natuurlik en net reg. Die eerste amptelike date het dit net bevestig: ’n dag van putt-putt, nog ’n bietjie wyn en baie lag. Dit was eenvoudig, maar besonders — een van daardie oomblikke wat mens nie maklik vergeet nie. Met verloop van tyd het ons beste vriende geword. Ons het mekaar se veilige plek en grootste ondersteuners geword — selfs met kilometers tussen ons. Ons het saam gelag, saam gebid, saam gedroom en geleer hoe dit voel om regtig saam vorentoe te stap. In Maart is diè  belangrike vraag gevra — en met groot vreugde het SY “ja” gesê vir ’n lewe saam. Nou sien ons uit na hierdie volgende hoofstuk met baie dankbaarheid en opgewondenheid. Dankie dat jy deel is van ons storie en saam met ons hierdie spesiale tyd vier.

Footer image