Akkommodasie

Ons wil graag hê julle moet dit gerieflik hê tydens ons spesiale naweek! Daar is ’n paar plekke beskikbaar op die venue self, maar vir diegene wat dit verkies, lys ons hieronder ander gastehuise in die omgewing. En vir die avontuurlustiges is die plaas Olifantskop se kampeeropsie ook beskikbaar – alles om julle kuier so lekker moontlik te maak!