Ons liefde het onverwags en met groot opwindendheid begin. Sonder dat ons vir liefde gesoek het, het Liewe Jesus geweet presies wat ons nodig het. En dit was vir MEKAAR. Hy het ons op die regte tyd en plek bymekaar gebring om te ontmoet. Hy het aan ons elkeen 'n lewenslange beste maatjie gegee en vir Hom is ons ewig dankbaar. Ons skryf op die oomblik die beste deel van ons lewens hoofstuk en dis ons ewige liefde aan mekaar.