SWART hemde, broeke, rokke, jumpsuits en dasse. Moet asseblief nie 'n item met enige uitspattige kleure of patrone aantrek nie.
Op die Verblyf tab is daar gastehuise om van te kies rondom die venue. Dit is jou verantwoordelikheid om jou akkommodasie vir die aand te reël. Indien jy wel enige vrae het is jy welkom om ons te kontak. 😁
Kliek op die Honeymoon-fund "tab" en kliek op "see registry" aan die regterkant. Jy gaan na 'n nuwe skerm geneem word waar jy dan op die onderstaande tropiese prentjie moet kliek (Mariska & Stephan se wittebrood fonds) en die besonderhede moet voltooi. 🎉
Nee, jy mag ongelukkig nie jou eie alkohol/koeldrank inneem by die venue nie. Dit is 'n baie streng regulasie en 'n boete sal uitgereik word. Daar sal wel lekker verversings wees asook 'n kroeg indien jy addisionele alkohol/koeldrank wou aankoop. 🍷
Natuurlik! Jy is welkom om ons te kontak - ons help met liefde! 🤗