Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading

Mariska & Stephan

    Tuis
    Program
Hero Image

Stephan

&

Mariska

#PotgieterVirMyDeksel

November 29, 2025

Pretoria, Boekenhoutskloof, La-Bita events wedding venue
159 days159 d14 hours14 h12 minutes12 min56 seconds56 s

Eerste ontmoeting

#10Feb2015

Opsoek na geselskap in Ellisras, "stalk" Mariska mense op Facebook in Ellisras om nuwe maatjies te maak. Stephan kom toe natuurlik op en Mariska kan nie die six-pack weerstaan nie. Oomblike na Mariska vir Stephan 'n versoek gestuur het, pop daar 'n boodskap op in haar inbox vanaf Stephan. Na 3 maande se heen en weer gesels (en flirtery 😉) het Mariska en Stephan uiteindelik 'n beplande ontmoeting, en hoe sê hulle, the rest is history!

Verlowing

#16Feb2024

So romanties soos Stephan is, beplan hy vir hom & Mariska 'n MSC bootrit. 'n baie goeie promosie vang vir Stephan onkant en met skok is die bootrit bespreek en is minder as 2 maande weg. Vinnig skarrel Stephan om Mariska se regte ring smaak en grootte te kry en verseker die bestelling is geplaas om betyds te wees! Ons is op die boot en Mariska is salig onbewus van die groot vraag wat wag. Op ons laaste aand trek ons baie deftig aan en neem foto's waar Stephan op sy knieg gaan en die groot vraag vra. Dit was werklik 'n dag vir die boeke en 'n baie spesiale oomblik. PS: Mariska het na die tyd uitgevind dat die ring al die pad saam getoer het en dat sy AMPER op die ring afgekom het a.g.v haar hande wat sy nie kan tuis hou nie! 🫣

Gegroei uit wonderlike ouers

#Forever

Ons staan vandag op die drumpel van ons eie huwelik, nie net as twee mense wat mekaar liefhet nie, maar as twee mense gevorm deur die liefde wat ons gesien en geleef het in ons ouers se huwelike. Dankie, Ma's en Pa's, vir jul onvoorwaardelike liefde, julle leiding, en die voorbeeld van wat 'n sterk, mooi verhouding werklik is. Julle het nie net vir ons ‘n huis gegee nie, maar ‘n fondament van respek, waardes en ware liefde. Ons is vandag wie ons is – as individue én as paartjie – omdat ons die voorreg gehad het om groot te word in die lig van jul liefde vir mekaar. Julle het vir ons gewys wat dit beteken om saam deur die lewe te stap, hand aan hand, met geduld, humor en volharding. Ons dra julle voorbeeld in ons harte in ons eie reis vorentoe. Dankie dat julle ons met soveel liefde grootgemaak het, en vir die rol wat julle gespeel het in die begin van ons eie storie.

For all the days along the way
About ZolaGuest FAQsOrder statussupport@zola.com1 (408) 657-ZOLA
Start your wedding website© 2025 Zola, Inc. All rights reserved. Accessibility / Privacy / Terms