
“My heel eerste Valentynsdag-geskenk van Pierre af: rose en sonneblomme, ’n teddie wat my skel as ek hom laat val, Lindt-sjokolade wat ek moes deel (in teorie), en ’n kaartjie wat my laat voel het soos ’n VIP in liefde.”

“Waar ons glimlag van oor tot oor, en die senuwees so erg was dat selfs die kamera gesweet het.”

Eerste verjaarsdag wat ek saam Pierre vier. Happy 25! Net om sy gesig vol room van sy milkshake te smeer… want liefde beteken tog deel, né?”

"Eerste verjaarsdag saam Pierre. En ek sê net… 21 lyk beter saam hom.

Ons eerste movie date… sommer in die VIP Cinema sonder dat ons geweet het!

"Ek het voor Pierre geval… natuurlik op ’n totaal nie-klasieke manier, maar presies hoe ’n hart wat te veel van iemand hou, val." 😆💘

"Daar het Pierre sy innerlike pikkewyn gevind en my gevra soos ’n pikkewyn sy lewensmaat kies – met die mooiste klippie. Ek het net daar gedink: selfs National Geographic sou jaloers gewees het op ons romantiese, klippie-glinster-oomblik!" 🐧💖😂

"Die heel eerste keer wat ek my ring dra… net na ons hom laat maak het, en ek voel nog altyd soos ’n prinses met haar glinsterende skat in die hand." 💍✨😏

"In ’n oomblik wat selfs Hollywood jaloers sou wees, lees Pa Johan vir Pierre die lefiete voor… en gee dan sy vinnige ‘verwelkoming’ – die soort wat sê: ‘Welkom by die familie… hou vas, want dit gaan ’n wilde rit wees!’" 😆🎬💖

"Ons het op ons mooiste gelyk – swart en rooi, en daardie rooi lipstiekmerk op jou wang het my laat besef: jy’s my perfekte avontuur." 💄🖤❤️🎬

"Familiefoto’s saam die Else.

“Ons eerste vakansie saam? Graskop se Panorama Chalets! Bos, bome en natuurlik ’n klein geveg met die muskiete – maar ons het dit oorleef!” 🏕️😂

“Pierre het my aanvanklik so laat bloos dat hy my net moes bly terg. Toe hy die tweede keer kuier, het ek sy wang gelek… en skielik het sy wange gelyk soos sy hare!” 😏😂

“Die dag toe ek, soos Pierre nou sou sê, uitgevind het ek is eintlik ’n marshmallow-hartjie… en hy my moes troos omdat ek nie my boerbokkie kon hou nie.”

“Die heel eerste foto van Pierre het my amper laat stokkiesval – daai smile het my hart so hard gesmelt dat ek byna ’n sirene moes inroep!?!” 💥❤️😂

“Almal wat my ken, weet ek leef vir musiek… maar daardie aand? Ek het die musiek sommer vergeet en soos ’n sneaky ninja weggeloop net om met Pierre te gesels!” 🎶😏💬

“Silliness is the only thing ordinary people can’t understand… en saam met jou, elke dag ’n bietjie malheid!” 😄💖

“Ek en Pierre het vir mekaar foto’s gestuur van ons milkshakes en Steri Stumpies, en sommer gevra: ‘Wil jy dit met my deel… bring jou strooitjie!’ 😏🥤💖”

“Toe kom Ziva, ons fur baby, en skielik was ons lewe sommer vol liefde, lag en eindelose knuffels – sy het ons wêreld regtig op sy kop gedra!” 🐾💖😆

Ons eerste kar saam! 🚗💖 Na omtrent ses maande se soektog het niks regtig gewerk nie, totdat ek hierdie Mazda sien en dink: “Dis dalk ons een.” Ons toets dit, alles lyk perfek… maar toe ons terug by die karwinkel kom, besef ons ons het die sleutel in die kar vergeet! 😅 Kyla het vinnig gegaan om dit te haal, en toe ontdek sy iets onverwags: ’n wit, geheukelde dingetjie wat aan die sleutel gehak was en uit die kar geval het. Ons tel dit op… en dis ’n geheukelde kruis! ✝️ Perfekte teken dat hierdie kar vir ons bedoel is, nie waar nie?