Ons liefdesverhaal Ons het deur Koer gepraat en toe op WhatsApp omdat die Koer-app bly glitch het — albei van ons het gevoel: “tegnologie werk teen ons, maar liefde werk vir ons.” In Mug & Bean het ons mekaar die eerste keer ontmoet. Hy het by die Kollonade gery, en ek het dadelik geweet dis hy — daai sonbrille het hom weggegee! Ek het probeer wegkruip soos ’n ninja, want ek wou oor die pad loop tot hy by die Kollonade inkom, maar ek het gedink: “Rustig hart, rustig" .... die skaamgeid en bloos het my wange bekleë Ek het ’n uur aan een koppie hot chocolate gespandeer, terwyl Pierre twee milkshakes sluk en lyk of hy probeer wen in ’n “wie kan die meeste calories hê” kompetisie. Ek het saam hom gery tot Witbank, en toe Alzu… waar ek die beste drukkie ooit gekry het. En toe, ’n week later, was Pierre oortuig dis al twee weke sedert ons ontmoet het — hy was Sondag betyds vir ontbyt, kerk en selfs ’n klip-uitstappie. Ek het begin wonder: het hy dalk my geheime kalender beplan? Die eerste keer dat Pierre my gesoen het. My gedagtes: “Hy soen my… wat doen ek nou? Moet ek blaf? Moet ek terugsoen? Of net freeze?” Ons het amptelik meisie en kêrel geword die 6de Mei 2023, en ’n maand later op date night het Pierre die vraag gevra. Ek het gesê ja, natuurlik! Later daardie jaar, op die Vadersdag langnaweek in die Wildtuin, het hy my gevra soos ’n pikkewyn sy lewensmaat kies. Hy het die mooiste klippie gaan soek, sommer daar, en my gevra — National Geographic sou jaloers wees! Pierre is nie net my liefdesmaat nie, hy is my grootste lagmaat. Hy kan my laat lag selfs wanneer die dag moeilik was. Hy het die talent om die alledaagse oomblikke spesiaal te maak . Ek weet elke dag saam hom sal vol liefde, lag en soms ‘n bietjie chaos wees, en ek kan nie wag vir ons avonture saam nie.