Ma en Pa van die Bruid
Pa Cassie en Ma Sanet se liefde het in Pretoria begin blom, hullle raak verloof in Augustus 1991 en trou 14 November 1992. Dit was 'n heerlike Vrystaatse saamkuier, geseënd met genoeg reën. Die pof mou rok was hoog mode en Pa Cassie het selfs 'n pienk strikdas gedra en 'n paar dans passies aangeleer! Vandag is hulle al 29 jaar getroud! By Pa Cassie en Ma Sanet is dit duidelik hoe God twee mense so geskape het om mekaar aan te vul, te herinner aan dit wat ewigheids waarde dra en altyd te leef volgens Sy plan. Daar is nie 'n tekort aan liefde nie en hul deel dit graag aan almal uit, ons leer by hulle om saamwees tyd altyd te koester en tyd vir mekaar te maak. Hulle is op hul gelukkigste as al ons kinders en familie (tot die honde) die huis volmaak.
Ma en Pa van die Bruidegom
Pa Rudolf en Ma Brenda het in Graad 2 ontmoet, pa Rudolf het opgewonde aan sy huisgesin gaan vertel van die meisie met die mooiste goue hare, die skoot was reeds hoog deur. Hulle word in Januarie 1993 verloof op die graad 2 stoep en 28 Januarie 1995 trou hulle by Rietkuil Country club daar was natuurlik gedans, gelag en gekuier tot vroeg oggend. Na 26 jaar lag hulle altyd saam, ons het geleer dat jy mag vir mekaar én saam mekaar lag dit maak die lewe vol! Hulle voorbeeld van hoe om mekaar lief te hê, mekaar te ondersteun en saam te bid in elke seisoen van die lewe waardeer ons. Hulle het soveel mooi eienskappe, Hul oop harte en om almal aanvaar net soos jy is, is vir ons n goeie voorbeeld om na te streef. Ons koester elke saamwees oomblik, die laat aand kuiers en elke liewe koppie koffie.