'n Vinnige "help my met 'n Graad 9 EBW taak" en 'n "IOU" het gesorg vir baie koffies, milo's en Rembrandt kafee ysies. Skooldae was daar altyd by mekaar gekuier, ure lange oproepe en bokse vol briefies. Na Matriek het 'n plaaskuier en steers in Marble hall die finale deurslag gegee en op 13 Februarie 2016 is ons offisieel Meisie en Kêrel.
Na 'n Vinnige Pedicure saam met Ma Sanet en Ouma moet ons Dunkeld plat ry om die perfekte foto plekkie te kry. Na 'n hele paar stoppe, one-way's en skelm Voice Notes van broer Willie af kom ons by die regte dammetjie uit. Lang storie kort, ek neem Ma en Ouma af en 'n uitasemde Jonru kom nader gehardloop (Pa Cassie kort op sy hakke) en die groot vraag word gevra. Daar was natuurlik trane (van blydskap) en genoeg geëet om die geleentheid te vier!