Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading

Ulinka & Johan

    Tuis
    Verloop van dag en verdere inligting

leavesleavesleavesleaves

Johan van der Merwe

&

Ulinka Nel

September 27, 2025

Oranje Gasteplaas, Maloti Route, Free State
85 days85 d10 hours10 h38 minutes38 min2 seconds2 s

Hoe ons ontmoet het

Ulinka se weergawe

In 2021 het ek na die pragtige dorpie Heidelberg verhuis, aangetrek deur 'n pos wat ek op Facebook gesien het. Toe ek my onderhoud moes doen, het ek gevoel dat dit glad nie goed verloop het nie, maar soos die Here dit beplan het, is ek tot my verbasing in die pos aangestel. My nuwe lewe het begin in een van die koshuisgange, waar ek gewoon het. Ek onthou nog hoe mense my vertel het van Johan, wat oorkant my bly. Op daardie stadium het ek gedink hy is 'n ou oom en myself nie veel daaraan gesteur nie. Op my eerste dag van werk het ek toevallig by Johan verby geloop. Ek het nie besef dat die was hy nie, want ek was oortuig hy is 'n student! Ek het ook glad nie belang gestel in 'n verhouding daai tyd nie, dit was die laaste ding wat op my gedagtes was. Later die week het “die student” my met die fotostaatmasjien gehelp – soos die meeste van julle weet, is ek is glad nie goed met tegnologie nie. Dit was net die begin van ons storie. Teen die naweek het 'n groepie graad 8-dogters 'n plan bedink om ons twee nader aan mekaar te bring, 'n soort "set-up" waarvan ek nie bewus was nie. Hulle het alles reggekry dat ons op die stoep van die koshuis beland, waar ons ure lank gesels het. Daarna het Johan gereeld in die gang kom gesels en ons vriendskap het gegroei tot iets baie spesiaals. Johan was nog altyd 'n man wat sy tyd vat met groot besluite. Ek het lank gewag voordat ek sy meisie geword het, en nog langer voordat ek sy verloofde geword het. Uiteindelik, na nog ‘n tydperk waar ek geduldig moes wag en lank voorberei het, gaan ons ons ewige beloftes as man en vrou maak. Hulle sê mos: “Good things come to those who wait.” Ek kan met oortuiging sê, die Here het regtig Johan vir my uitgekies. Vandag bou ons saam aan ons lewensdroom, met twee energieke honde (Micah en Polo) wat ons gesin volmaak. Ons storie is een van geloof, hoop en liefde. Ons sien uit na die wonderlike toekoms wat vir ons voorlê.

Hoe ons ontmoet het

Johan se weergawe

Een middag kom ek na skool by die koshuis aan net om deur een van die kinders voorgekeer te word. Die kind sê toe vir my dat daar iets is wat ek dringend moet sien, nuuskierig volg ek haar. En daar staan sy, my verloofde en toekomstige bruid. Van die oomblik toe ek Ulinka gesien het ek geweet wat hier aan die gang was. Dit was 'n "setup" vir ons om te ontmoet. Ons begin toe praat en 10 minute word 'n halfuur en 'n halfuur word toe amper 2 ure. Soos wat dit in my kop afspeel was die ons eerste ontmoeting glad nie beplan, maar eintlik heel "toevallig" net soos die romantiese flieks dit uitbeeld. Ek het al tevore van Ulinka gehoor, maar nooit werklik aandag daaraan gegee nie. Ek onthou nog haar eerste dag by die skool. Sy het 'n warm verwelkoming gekry, insluitend 'n applous en 'n paar kinders wat vir haar fluit. Ek het by myself gewonder: "Wie is sy dat sy soveel aandag kry?" Destyds was ons albei op 'n plek in ons lewe waar verhoudings nie 'n opsie was nie, omdat ons beide onlangs uit verhoudings uitgekom het, so my aandag was op ander plekke. Die eerste keer toe ek eintlik met haar gepraat het was by die skool waar ek haar toe uithelp het met 'n tegniese probleem - aangesien sy so bietjie sukkel met tegnologie, en daarna het ek toe net aangegaan met my dinge. Toe kom ons by die groot ontmoeting wat die koshuiskinders vir ons gereël het. Toe vind ek uit dat Ulinka oorkant my bly. Op die stadium het ek gedink ek was die enigste een wat in daai omgewing gebly het, maar toe was Ulinka al vir 'n hele week daar sonder dat ek agtergekom het. Natuurlik kon ek nie meer die tuin kaal natspuit of sing soos ek uit die stort klim nie. Dit was redelik alleen daar waar ek gebly het, so die wete dat daar geselskap binne gooi afstand is, was vir my ideaal. Ek besluit toe om haar met 'n simpel "pick-up line" uit te lok net om by haar plek uit te kom en te gesles. Een keer se gesles word toe elke dag se gesels en dit hou net nie op nie. Ek kon nie wag om haar iewers deur die dag te sien of met haar te gaan gesles nie - alles het net so reg en gemaklik gevoel. Ek glo alles het darna uitgedraai soos wat dit moes en kan vandag na verwondering kyk hoe ver ons al gekom het. Dinge gebeur nie net sonder 'n rede nie. Ek dink die Here het 'n plan met ons twee, wat die plan is weet ek nie. Ek sien uit om die pad saam met haar te stap na waar ookal dit ons lei. Dit alles kan net gebeur met die genade vanaf ons Hemelse Vader.

Footer image
For all the days along the way
About ZolaGuest FAQsOrder statussupport@zola.com1 (408) 657-ZOLA
Start your wedding website© 2025 Zola, Inc. All rights reserved. Accessibility / Privacy / Terms