Met die pandemie op 'n hoogtepunt besluit, Jeanne-Marie om vir haar 'n dokter oor die internet te gaan soek. Met 'n mis-kliek kom sy toe op die man van haar drome af. Nie 'n dokter nie, maar goed vir haar siel en altyd daar vir 'n grappie wanneer sy dit nodig het. Die Swartlander en Wellingtoner begin toe so diep in die lockdown vir mekaar te kuier met seker nie altyd wettige permitte nie. Die res is vanselfsprekend en hier sit ons vandag, lief vir mekaar en bereid om saam 'n pad vir ewig te kan loop!