Dit het alles begin met ‘n ‘Hey’ op Instagram, ‘n hele paar comments op posts wat gemaak is, natuurlik nie op die post self nie, en ‘n like op elke liewe foto op mekaar se Instagram Walls. Dit was laat 2017, vroeg 2018 Soos dinge maar gaan het die gesprekke soms dood geloop, en later weer vlam gevat, toe ruil ons nommers uit. Die trend van ophou en vlam vat het maar steeds aangegaan, en eventually maar gefade… In ‘n missie om almal te laat weet ek het ‘n nuwe nommer, het ek nooit kon indink dat ‘n “Hey Jean, dis Jacques, hier is my nuwe nommer” kon omsit in die beste storie wat ek kan skryf nie! ‘n Storie van liefde, geluk, hartseer, voorspoed, teenspoed, en alles wat die lewe jou kant toe kan gooi. Boodskappe het gou omgesit in telefoon oproepe tussen 21:00 en 22:00, ELKE AAND! Daar was gesels oor diep dinge, vlak dinge, hartseer, geluk, en sommer net enige nonsens soms, maar ons het getrou elke aand ons oproepie gehad. Soos almal my ken, ek is maar vol kak en weet nie altyd wat ek in die lewe soek nie, so op ‘n wintersdag in 2019 het my wêreld gaan staan met ‘n boodskap wat sê tot hier en nie verder nie. Dit was toe dat ek in ‘n paar maande besef het wat ek deur my vingers laat glip het. ‘n Man wat my aanvaar het vir wie en wat ek is, my sou dra op sy hande, my sou sleep as ek nie meer kan loop nie en my liefhê met alles in hom, maar dit was bietjie laat om dit agter te kom neh… Bietjie meer as 6 maande het verby gegaan, baie het gebeur, en my oë het oopgegaan. Ek skraap toe genoeg moed bymekaar om “Hey” te kon tik, EN DIT HET GEWERK! Toe is dit Covid… Die inperkings kon nie vining genoeg verby gaan nie, toe is daar uitstappies gereel, enige plek wat ons wou gaan, soentoe was ons (Binne Gauteng natuurlik) Fast Forward, 27 Junie 2020, ons is oppad om vir ons altwee se eerste keer te gaan Gautrain ry, en DOEF, ry hulle in ons vas. Al wat ons geskree het is “EK IS HONGER!” vir mekaar. Dit was ook toe nou die lot dat my ma ons moes kom haal en hom by die huis aflaai, so toe ontmoet hy haar ook sommer, saam my broer, en die nooi hom toe vir ‘n braai die volgende dag, en hy daag op!
Een dag verder, 29 Junie 2020 besluit hy om in sy lunch van waar okal hy was daai dag, by McDonalds in Cradlestone te stop en nuggets te koop, en toe ook sommer ‘n bossie proteas, ek kan nie eers onthou waarvanaf hulle was nie (maar dis nie die punt nie) en hy ry Randfontein toe. Net daar in die driveway kyk ek toe in ‘n senuwrak van ‘n man vas, met ‘n bossie blomme in sy hand en die vraag op sy tong en trane in sy oë. Voor hy nog enige iets kon sê het ek net gesê “JAA!” wie weet, dalk was dit sy manier om van my ontslae te raak op ‘n mooi manier en ek het dit anders gesien en hom nie ‘n halwe kans gegee om sy sin eers te begin nie, as dit die geval was, sorry neh, hier is ek nogsteeds! Maar ek is seker dit was nie die intensie van daai bossie blomme en daai trane in die oë nie. Ek mag toe sy ouers ontmoet, sommer die volgende Saterdag! Daar was gereeld oorgeslaap, gekuier, gebraai en alles anders, toe mag ek die familie ontmoet. Tannie Tania was teleurgesteld want almal kon my ontmoet het voor sy kon, en my enigste woorde in angs van ontmoeting was “Ons hou altyd die beste vir laaste”… Fast forward nog ‘n paar maande, Augustus 2021 trek hy toe Centurion toe, en ek het elke liewe week ingeklok vir ons weeklikse kuier by sy huis, en weer oor naweke. Die routine was nie gebreek nie. Nog bietjie aan, Januarie 2022 kry ek werk in Pretoria en ons trek saam in, ons eerste plekkie, klein, maar perfek! (Geen diere toegalaat nie) Nie baie lank na ons ingetrek het die einde Januarie nie, op 4 April 2022 het nog ‘n hartjie by die huishouding aangesluit en is ons nou ‘n familie! Lilly, die pragtige kleinste grys hasie wat jy in jou hele lewe sou kon kry! Ons was altwee opslag verlief op die klein bolletjie wol, al het dit maande se oortuiging gevat om haar daar aan te kon bring. Ons was elke dag meer gelukkig saam, duidelik die beste besluit wat ons kon maak was om saam ons storie te begin skryf! Paas naweek 2022 ontmoet hy toe my ander kant van die familie, met ‘n kuier in Secunda by my ouma hulle op die plaas, Lilly gaan saam! Baie kuiers en baie goeie en slegte tye later, op die 11de November 2023 sak ek toe langs ‘n revier in Dinokeng, op ‘n free game drive, met ‘n snacks tafel en champagne ingesluit, op my knieg neer en vra die belangrikste vraag, Sal jy met my trou? Hy claim hy het geweet iets is nie lekker nie toe ek sê die game drive is verniet en ons bly in letterlik die goedkoopste verblyf by die plek, maar hy het maar saam gespeel, en hy het JA gesê! Fast forward gou tot by Mei 2024, waar ons besluit het ons begin venues soek, want trou raak nie goedkoper hoe langer jy wag nie, en ons soek ‘n winter troue! 5 Venues later kry ons die plek van ons drome en besluit net daar en dan, HIER SAL ONS TROU, maak nie saak wat nie! Op die 8ste Julie 2024 moes ek net vir Lilly gaan kos koop, en WOEPS, nog ‘n hartjie by die gesin! Bailey, ‘n PIKSWART hasie met net een wit streep op haar voorkop spring saam my in die kar oppad huistoe, en hoe sê mens nou nee as ‘n gesiggie vir jou kyk en jy weet jy gaan niks anders kan doen as om haar huistoe te vat nie? Lilly was opgewonde hoor… Tot hulle moes kos kry, toe is hulle vyande! Januarie 2025 besluit ons, nou trek ons, en trek in ‘n meenthuis in in Elarduspark (met ‘n halwe kombuis)… dis nou reg, en op 13 Februarie moes ons vir Lilly groet, Dit was die moeilikste ding om te doen vandat ons ons familie begin bou het. So het ons familie gegroei en gekrimp tot waar hy nou is, elke een in sy plekkie en die liefde so baie soos die sand korrels in die see! Ons is baie bly ons kan ‘n deel van ons storie met julle deel op ons spesiale dag en sien uit om julle daar te hê saam met ons!