Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Hero image 1Hero image 2

Jaun

&

Anine

December 21, 2024

Die Boer en die Belg

Ons Liefde

Anine en Jaun se liefdesreis begin in Mei 2022 toe hulle mekaar aanlyn opspoor; beide opsoek na iemand om hul drome mee te deel en miskien ware liefde te vind – en hulle het. Die eerste ontmoeting was by ʼn restaurant van Anine se keuse, en Jaun was heel beïndruk met hierdie meisie wat inisiatief neem. Hierdie afspraak sou ook die eerste aanduiding wees dat Jaun van nou af altyd vir Anine sal wag om uiteindelik op te daag! Net twee weke later deel hulle hul eerste soen, gaan op nog vele avonture saam, waarvan ʼn angsbevange uitstappie na Butterfly World een was. Dis hier waar Jaun gou-gou leer dat hy eers as Anine se ‘Vanger van Vlieënde Goggas’ moet kwalifiseer voor hy haar kêrel kan word. Hy tree met braafheid in die rol en hulle spandeer die res van die dag deur te lag oor die oordeelsfout, eindig op in Blouberg en deel wafels by die plek wat tot vandag toe hulle gunsteling plek is om te gaan. Op 27 Augustus 2022 is hulle amptelik saam; min wetend dat hulle van daardie dag af vir die res van hul lewens nie meer as individue geken sal word nie, maar as “Jaun én Anine”. Meeste Sondae stap hulle steeds langs Blouberg se strand af, geniet mekaar se geselskap, en deur al die lag en deel van die bittersoet in die lewe, gaan hulle onwillekeurig voort om hul verhouding te verdiep en saam te groei. Soos tyd verloop begin hulle families soos mekaar s’n voel. Hulle deel ontelbare mylpale as ʼn paartjie; van verjaarsdae tot vakansies, toekennings tot trek, sodat hulle nader aan mekaar kan wees. Hulle liefde vir mekaar word net meer en sterker. Op 22 Junie 2024, vra Jaun die groot vraag en word hulle verloof. Hulle begin ʼn nuwe hoofstuk wat in Desember op hulle troudag gevier sal word. “Ons is opgewonde om ons lewe saam te begin met ʼn naweek vol liefde en feesviering met ons vriende en familie.” – Jaun en Anine.

Footer image