Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
    Home
    Wedding Party

Wedding Party

Bernard Lubbe

Best Man

I am the Groom's brother and have known him my entire life. The first time I saw Shiria she was in her school uniform after Jaco brought her home following a social at Varsity. Fast forward a few months later and I find myself helping my brother with his crazy plan to ask Shiria to be his girlfriend on the golf coarse. That first photo I took of my brother and his soon-to-be-wife right after they officially started dating is something that I hold dear to my heart. It was such a privilege to share that moment with them (which I will have to hold onto, since they got engaged on a weekend while I was on a church camp). I started calling Shiria ‘skoonsus’ probably way too early in their relationship, but I just knew that this one was special. When I think of these two, there is one thing that I am always reminded of: sometimes, opposites really do attract. Never have I ever seen a crazier and louder person dating a shyer and more sophisticated person. But witnessing these two people, who I hold so dearly to my heart, grow into the people who they are today, who they helped each other become, I cannot help but smile. I cannot wait for the wedding day. Not only will it be an amazing moment to share with them (with a lot of tears in my eyes), but after that day, Jaco is finally Shiria’s problem, and he can irritate her and not me (lief jou boetie). All jokes aside, I love both these people so much. May your wedding be a big jol and your marriage be blessed.


Kayla Lotter

Maid of Honor

Hoe ek die trou paar ken: Ek en Shiria was saam in Vividus. Ons het bietjie volleyball saam gespeel, wat toe na koffies en markies en adventures gelei het en iewers tussen al daai het ek en Jaco mekaar ook leer ken. Ek en Shiria was ook die laaste jaar flatmates en roomies in Johannesburg. Iets wat ek altyd sal onthou: Op ons Magoebas vriende naweek het ek, Shiria en Jaco ’n bietjie gaan stap. Wat ’n rustige stroll deur die berge moes wees het vinnig-vinnig in ’n Bear Grylls episode verander! Gelukkig was Jaco daar om ons met ’n kalm urgency huis toe te lei en al die spinnekoppe weg te jaag. Iets wat my aan die trou paar laat dink: Day trips. As mens weer hoor was die twee op 'n adventure iewers in Harties of Magalies. Shiria kom altyd terug met die beste recommendations!

Liron Wiltz

Groomsman

Shiria is my sussie :) en ek ken haar nou al vir 21 jaar. Sy sal altyd my go-to wees vir enige iets, kan haar leterlik enige iets vra en sy sal alles in haar ability doen om my te help. Al die laat aand random kuiertjies in mekaar se kamers waar ons nie altyd oor enige iets praat nie maar net saam chill, het baie beteken. Ons lag vir random goed so ek weet nie wat gaan snaaks wees om te se nie behalwe die kere wat ons mekaar kielie tot ons bomme los in die kamer en nie kan asem haal nie, maar anyway. Jaco is daai long lost brother wat ek nooit gehad het nie. As jy ooit in n slegte bui is, sal hy sonder om eers te probeer jou maklik reg stel. Dankie Jaco dat jy Shiria so happy maak. Shiria (mmmbol) gaan jou mis uit die huis maar weet ek jy is baie gelukkig so ek is te-rus gestel daaroor ;)


Annemey Heyns

Bridesmaid

Wanneer ek aan Jaco en Shiria dink, dink ek altyd aan ‘n naweek in Magoebaskloof. ‘N Naweek met ‘n paar trane, baie gin en ‘n stap sessie wat hulle net net oorleef het. Om te dink hierdie hele vriendskap het begin by Weiveld (dit was nog voor Jaco, so ek was eerste hier). Ek het nog pot blou hare gehad en Shiria het nie mooi geweet wat om met my te maak nie, maar na ‘n paar min se chat het ek geweet, sy moet maar net vir altyd in my lewe bly. Toe kry ek nog vir Jaco sommer ook by, hoe lucky kan een girl wees? Twee mense wat alles sal stop om vir jou n pep talk te gee, altyd reg is vir ‘n sokkie, straatliggies waardeer en harte van goud het…`mens kan nie vir beter vra nie, en ook nie aan beter dink nie. ‘n Paartjie wat die wêreld beteken en ook die wêreld verdien.

Willem Fourie

Groomsman

Vir die wat nie weet nie, ek is Jaco se neef. Ons is, ek glo in die bevoorregte posisie waar ons as familie na aan mekaar is en ons so ook al baie dinge in die lewe saam kon ervaar. Van ons eerste fietse saam kry by Oupa en Ouma Esterhuizen toe ons nog klein kinders was vir Kersfees tot goeie kuiertye op universiteit. Pas uit skool het ons saam die geleentheid gekry om dele van Europa te verken. Baie kilometers gestap in Parys en iets wat lewenslank onthou sal word dink ek is ons besoek aan die sauna in Duitsland. Neef jy is werklik 'n yster en ek is dankbaar en trots om jou my neef te kan noem. Vir Shiria het ek in my 2de jaar as student in Wiskunde (of was dit Biologie) ontmoet. Min wetend dat haar pad met my neef sin sal kruis en ons familie sal word. Ek wens vir julle twee tonne voorspoed en seën toe met hierdie nuwe hoofstuk in jul lewe wat jul saam gaan aanpak.


Nelisha Schouwstra

Bridesmaid

Shiria is my klein-tyd-altyd maaitjie. Ons is van laerskool af in mekaar se lewens, en het selfs ons eie engels opgemaak en al baie snaakse kyke gekry as gevolg daarvan. As ek aan Shiria dink, dink ek aan baie backyard-cringey photoshoots, harevleg sessies, plaas & strand vakansies, speckled eggs, sout&asyn pringles, en een groot very organised GOOGLE CALENDER. Ek is dankbaar dat ons saam kon groot word, en dat ek geseënd is met n lang-pad vriendin en dat ek weet dat ons saam in ons oudag nog mekaar se harte sal verstaan. Ek is so dankbaar dat Shiria haar beste maaitjie gevind het. Binnekort is julle man en vrou en dit is die grootste seën! (maar jy sal vir altyd my Anty bly - ek kan ongelukkig nie onthou waar het daardie noemnaam sy oorsprong gekry nie).

Dirk Odendaal

Groomsman

Jaco was net van 2016 in ons lewens. Hy het homself ingeforseer in ons lewens deur elke Vividus kuier by te woon. Jaco was altyd gefokus op betekenisvolle vriendskappe, wat beteken dat elke kuier in diep gesprekke oor liefde, politiek, of sport geeinding het. Dit het ook beteken dat hy altyd daar was wanneer mens 'n skouer, of 'n brandy-special gekort het. Shiria was ook eendag net daar. Jaco het vertel van hierdie meisie, en 'n paar van ons het gedink "Hy mik alweer te hoog. Ons gaan met die verwerping moet sit". Gelukkig het Shiria sy waarde en liefde raak gesien. Sy het vinnig in ons harte ingekruip, en ons is dankbaar vir die pel wat sy is. Daar is een storie wat uitstaan as dit kom by Jakes: Ons twee het vir ‘n week see toe gegaan. Ons besluit om eendag bietjie vis te braai. In plaas van om die afval van die vis weg te gooi, het Jaco besluit om dit oor die balkon te gooi terwyl hy uit sy bors uit skree "Lekker verjaar Seemeue!”. Toe ons weer sien, word ons deur 'n Swerm Seemeue aangeval, terwyl ons net probeer om ons Geelstert van die braaier af te haal. Ek besluit ons aandete is belangrik, so ek begin alleen daarvoor baklei terwyl Jaco gedink het ons biere is belangriker en seker gemaak dit is veilig in die huis in. Thanks Jakes. Jaco en Shiria was nog altyd daar vir mekaar. Hulle verhouding is 'n getuienis dat wanneer twee mense vir mekaar lief is sal hulle altyd mekaar vind en ondersteun. Ek kan nie wag om hierdie pragtige mense se toekoms te sien ontwikkel nie.


Dione Maas

Bridesmaid

Ek en Shiria kom al baie jare saam. Ons is al van Graad 0 af saam op skool en toe later op Universiteit. Ek onthou die dag nog soos gister toe ek en Shiria vir die eerste keer in eerste-jaar wiskunde klas sit. Die volgende oomblik kom sit n man langs ons, met VREESLIK baie om oor te gesels. Min het ons geweet dat dit net die begin van julle perfekte storie is. Waar begin mens praat oor julle twee? Van twister speel tot Jaco se broek skeer tot nou waar julle amper trou. Ek kan nie glo die dag is amper hier nie! Die liefde wat julle vir mekaar het is aansteeklik, en ek kon nie aan n beter pasmaat dink vir my vriendin nie. Sooo lief vir julle twee!

Armandi Steenkamp

Bridesmaid

Ek en Shiria het ontmoet tydens organic chemistry practical. Ons het so goed saam gewerk, konsepte vir mekaar geleer, en soms net saam gechil. Maar dit was eers die jaar daarna wat ons mekaar se name uiteindelik geleer het. In die gesprek het ek ook geleer dat sy uitgaan met die einste Jaco Lubbe, die boetie van iemand wat ek al vir jare ken en selfs saam op skool was! Ons het instantly vriende geword. Ek en Shiria het al ontelbare hoeveelhede adventures gehad en sal ure kan praat oor al die goed wat ons al aangevang het. Ek is net so dankbaar om 'n lifetime vriendin in Shiria te kon vind en ek kan nie wag om te sien wat sy en Jaco in hul lewe gaan bereik nie. Ek is bly ek kan 'n "virtual bridesmaid" wees al die pad van Kanada af en ek sien baie uit vir julle groot dag!

For all the days along the way
About ZolaGuest FAQsOrder statussupport@zola.com1 (408) 657-ZOLA
Start your wedding website© 2025 Zola, Inc. All rights reserved. Accessibility / Privacy / Terms