Maid of Honor
Nie net Marlize se sussie nie, maar ook Johan se nuwe kleinsus en ons regterhandjie - tydens die troureelings en oor die algemeen. Deur dik en dun, niks kan by haar lojaliteit kom nie!
Best Man
Hardkoppige "undercover" teddy-beer wat altyd 'n oplossing het vir alles!
Bridesmaid
Van hoërskoolkoshuis tot nou, 'n vriendin wat elke hoekie en draaitjie van Marlize se hart ken en verstaan.
Groomsman
Sonder hom sou universiteit vir Johan nie dieselfde gewees het nie, nog minder die lewe.
Bridesmaid
'n Spesiale vriendin wat al van graad 5 af deel van Marlize en Johan se nabye vriendekring is. 'n Rou, egte vriendskap wat nog altyd en vir altyd deel sal wees van ons!
Groomsman
In werklikheid is hy dalk net 'n nefie, maar in Johan se hart is hy 'n broer.
Bridesmaid
'n Ware vriendin met 'n hart van goud. Sy het altyd tyd vir 'n koffie en kan enige iemand se dag ophelder binne sekondes. Haar waardevolle raad raak nooit op nie!
Groomsman
8 Jaar terug het hy vir Johan gehelp met sy eerste hoërskool "break-up". Nou deel hy raad oor die huwelik soos net die beste swaer kan!
Bridesmaid
Iemand wie se uiterlike skoonheid 'n spieëlbeeld van haar innerlike skoonheid is. Haar wysheid, "life-hacks" en droë humor maak haar die ouer sussie waarvan Marlize nog altyd droom, want sy word binnekort haar skoonsus!
Groomsman
Om 'n rugby-wedstryd saam met hom te kyk, is vermaak op 'n ander vlak. Aan die Booysen-kant, kom hy altyd vir Johan op!