Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading

Ons Storie

The Wedding Website of Johan Els and Marlize Booysen
Ons paaie het gekruis toe beide van ons by Laerskool Mooirivier in Potch op skool was. In graad 5 (11 jaar oud), was ons "gekys" vir omtrent 6 maande. Ons het baie goeie vriende gebly totdat Johan moes trek Pretoria toe in die eerste kwartaal van ons graad 7 jaar. 8 jaar later het ons paaie weer gekruis in Pretoria, en 'n opvang-kuiertjie het vinnig in 'n blommende liefde verander. Johan het vinnig verlief geraak op haar sprankelende persoonlikheid en Marlize kon nie anders as om haar hart te verloor op die "old-school" liefde wat Johan aan haar bewys het nie. Na 'n paar koffies, dates en diep gesprekke saam Jesus het ons besef dat ons vir mekaar bedoel is... en vandag staan ons op TROU!