Ons is baie lief vir julle kinders en wens ons kon almal insluit. Ongelukkig is ons sitplekke beperk, en kan ons net die kinders wat spesifiek genooi is, akkommodeer. Kom geniet die aand saam en dink daaraan as 'n date night sonder die kinders.
Ons vier hierdie dag met ’n klein kring van geliefdes, en ons sitplekke is regtig beperk. Jou uitnodiging is dus spesiaal net vir die name wat daarop verskyn. Dankie dat julle verstaan!
Semi-formeel: Mans – chino’s met ’n netjiese opknoophemp en ’n das. Dames – iets stylvol en gemaklik waarin jy die dag ten volle kan geniet. Ons troukleure is vrolik en kleurvol, daarom is daar geen vaste kleurkode nie. Jy is welkom om enige kleur te dra waarin jy gemaklik en mooi voel. Ons vra net dat dames asseblief wit vermy. Laastens: geen jeans, asseblief.
Jou teenwoordigheid op ons dag is vir ons ’n geskenk! As jy egter iets wil bydra, is ’n kontantgeskenk die praktiese opsie. EFT details: EL Booysen ABSA Tjekrekening 4088 667 543
Ons vra asseblief dat jy 15–20 minute voor die seremonie daar is. Die seremonie begin stiptelik om 15:00, en ons wil hê almal moet saam hierdie spesiale oomblik beleef.
By Brandkop Estate. As jy dit op Google Maps intik, sal dit jou direk tot by die voordeur van die venue neem. Daar is ’n baie kort grondpadgedeelte, maar dit is in goeie toestand en geskik vir enige kar.
Ja, daar is veilige parkering by die venue. Arriveer asseblief vroeg genoeg sodat jy rustig kan parkeer en betyds vir die seremonie is.
Wanneer jy RSVP is daar 'n plekkie vir jou om daardie inligting in te vul. As jy enige spesifieke dieetbehoeftes het, laat weet ons asseblief vooraf sodat ons dit in ag neem.
Ja, daar is ’n kontantkroeg met kaartfasiliteite beskikbaar.
Ons sal jou mis! Laat weet ons asseblief so gou moontlik, sodat die sitplekke volgens ons die getalle kan aanpas.