Ongelukkig laat SANPARKS nie kinders toe om 'n buitelug funksie by te woon nie, as gevolg van die risiko daaraan verbonde vir kinders om vryelik binne die Kruger te beweeg.
Al ons gaste is met die hand uitgekies en alhoewel dit vir ons heerlik sal wees om saam met al ons gaste en hul metgeselle te kuier, laat die aantal gaste wat die Kruger kan huisves by so 'n geleentheid dit ongelukkig nie toe nie. Slegs metgeselle wat op die naam genoem word, is welkom.
Ons trou in die hartjie van die Kruger, maar die naaste (en enigste) kamp wat vir ons gaste toeganklik sal wees, is Letaba Ruskamp. Hierdie kamp, omring met Mopani bome, bied verskeie akkommodasie geriewe, bv. safaritente, hutte, rondawels, kampstaanplekke ens. Bespreek gerus via SANPARKS se webtuiste (https://www.sanparks.org/reservations/accommodation/filters), of kontak Letaba direk (013 735 6636). Geen dagbesoekers sal die troue kan bywoon nie. RSVP asseblief slegs indien jul akkommodasie reeds bespreek is, sodoende teleurstelling en latere kansellasies te voorkom.
Saam met die lekker en opwinding van 'n safari troue, gaan daar ook verantwoordelikhede gepaard. SANPARKS verkies dat ons gaste in styl na die bestemming vervoer word, asook die aand terug. 'n Finale tydlyn sal aan al ons gaste gestuur word vir 'n beter oorsig.
Ja! Daar sal 'n kontantkroeg beskikbaar wees tydens die onthaal. Geen kaarttransaksies sal kan plaasvind nie en die gaste se rekeninge sal die volgende oggend by die restaurant in Letaba betaalbaar wees. Kontant sal wel op die perseel aanvaar word.
Daar sal netjiese en toegeruste badkamers beskikbaar wees.