Wat vir Dedray net ’n gewone jagnaweek was, het vir Deon baie meer beteken, hy het letterlik vir haar geval… in die swembad, of so sê hy. Twee maande later word daar 'n kans gewaag. ’n Facebook-vriendskapsversoek, ’n verjaarsdagwens en ’n eenvoudige “baie dankie” word die begin van iets besonders. Nog twee maande later, tydens ’n rustige kuier op die stoep, besluit hy dis nou of nooit. ’n Vakansie-uitnodiging volg — op een voorwaarde: die hare moet af. En so gebeur dit! Daardie selfde naweek vra hy haar om sy meisie te wees, op die oudtydse manier, met ’n briefie en ’n ja-of-nee-blokkie. ’n Langafstandverhouding volg, en uiteindelik verruil sy die stadslewe vir die plaaslewe en trek 865 km. Op ’n doodgewone, warm middag wil hulle gaan swem in die plaasdam. Net toe sy wil inklim, sak hy op een knieg en vra haar om sy vrou te word, die perfekte verrassing op die perfekte dag. En soos hulle sê: die res is geskiedenis!
- Geen kinders - Metgeselle slegs per uitnodiging - Geen alkohol van buite nie - Kontantkroeg beskikbaar - Kleredrag: Semi Formeel. Asb GEEN Jeans/Denims!
Jou teenwoordigheid by ons troue is reeds ’n kosbare geskenk. Indien jy egter sou wou bydra tot ons wittebrood, sal ’n kontant bydrae baie waardeer word. Bank besonderhede: Miss Dedray Lubbe Savings 10272045959 Standard Bank Verwysing: Naam & Van