Op Vlakplaas in Tannie Lize hulle se huis het ons lekker gelag, gespeel ,verjaarsdae gehou en gehuil. Die 3 Bassonne Marli, Hennas en Haika was ons eerste maatjies en wie het nou gedink dat een van my maatjies se maatjie my man gaan wees. 18 jaar later Alles te danke aan een van ons goeie vriende Xander Gunter wat se foon pap was die aand van 2024 Nampo wat opsoek was na 'n lekker kuier plek naby Heidelberg. Ek was op daardie stadium geopereer en was nie baie lus vir die 2 se geselskap nie, maar 'n week later kry ek 'n whatsapp van die een en enigste DC Saaiman. Nie lank na ons begin gesels het nie het ek besluit die stad lewe is nie vir my nie en my hart het verlang na die platteland. DC was natuurlik baie opgewonde en het my elke dag herinner aan ons eerste date wat nog nie gereël was nie. Kort na ek terug is het ons op ons eerste date gegaan en dinge het vinnig beweeg van daar af. Ons koffie dates het sommer uitgebrei na klomp ander dates toe soos planter dates vir 3 dae lank in 'n trekker, vuur veg elke keer as ek daar stop vir koffie en beeste uit die land jaag op 'n Sondag middag net as ons middagslapies begin of net voor ons op pad is na ons Sondag tradisie wat 'n kuier is by die Streicher huishouding. Elke oomblik van ons lewe is 'n avontuur en na 20 jaar het ons besluit om dit vir ewig saam aan te pak .