Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading

Beloftefees

    Tuisblad
    Algemene vrae

Algemene vrae

The Wedding Website of Corni Thuynsma and Jp Maré
Ons het hier ‘n lys van die mees algemene vrae saamgestel om julle te help met enige onsekerhede. As daar iets is wat ons nie hier beantwoord het nie, kontak ons gerus!
Question

Kan ek my kinders saambring?

Answer

Ons is baie lief vir julle kleingoed, maar hierdie is ‘n kindervrye troue. Ons hoop julle kan die aand saam met ons geniet en ‘n bietjie ontspan!

Question

Mag ek ‘n metgesel saambring?

Answer

Ons vier hierdie spesiale dag in ‘n intieme kring. Slegs die name op die uitnodiging is genooi, en ons vra dat geen ekstra gaste saamgebring word nie.

Question

Teen wanneer moet ek RSVP?

Answer

Ons vra asseblief dat julle voor of op 27 Julie 2025 RSVP, sodat ons alles betyds kan reël.

Question

Moet ek my RSVP per epos of Whatsapp terugstuur, of kan ek dit aanlyn doen?

Answer

‘n Aanlyn RSVP is perfek – geen epos of Whatsapp formaliteite is nodig nie!

Question

Waar vind die seremonie en onthaal plaas?

Answer

Beide die seremonie en onthaal sal by Mooiplaas Wedding Venue plaasvind.

Question

Wat moet ek aantrek?

Answer

Ons dress code is stylvol en gesofistikeerd, met ‘n gemaklike flair. Trek aan sodat jy goed voel en lekker kan dans!

Question

Hoe lyk die weer gewoonlik?

Answer

Laat September is gewoonlik warm deur die dag, maar dit kan saans redelik afkoel. Bring gerus iets om jou warm te hou as die aand aanbreek.

Question

Hoe laat moet ek daar wees?

Answer

Die seremonie begin stiptelik om 15:00, en ons vra asseblief dat alle gaste reeds teen 14:45 hul sitplekke inneem.

Question

Mag ek tydens die seremonie foto's neem of dit op sosiale media deel?

Answer

Ons vra dat geen foto’s tydens die seremonie geneem word nie, sodat almal die oomblik kan beleef. Daarna is julle welkom om foto's te neem en dit op sosiale media te deel.

Question

Watse kos word bedien, en wat as ek ‘n spesiale dieet het?

Answer

Ons bedien ‘n buffet-styl ete met verskeie heerlike opsies. Indien jy ernstige voedselallergieë het, kontak asseblief die bruid of bruidegom vooraf.

Question

Teen watter tyd eindig die onthaal?

Answer

Die amptelike verrigtinge eindig om middernag, maar gaste is welkom om ná die tyd verder by die boma te kuier.

Question

Wat as ek ‘n vraag het wat nie hier beantwoord is nie?

Answer

As jy nog enige vrae het, kontak ons gerus: Corni - 078 323 9969 JP - 081 715 9593

For all the days along the way
About ZolaGuest FAQsOrder statussupport@zola.com1 (408) 657-ZOLA
Start your wedding website© 2026 Zola, Inc. All rights reserved. Accessibility / Privacy / Terms