Terwyl ons eendag deur ou foto’s blaai, kom ons op ’n merkwaardige toeval af: Ons was reeds as kinders saam op ’n Voortrekkerkamp (2007), sonder om dit te besef. In een foto trek sesjarige Corni en agtjarige JP aan dieselfde toutrek-tou, onbewus dat ons eendag aan mekaar se kant sou staan in iets veel groter. In ’n ander foto staan ons in die kosry – reg langs mekaar – sonder enige idee dat ons paaie jare later weer sou kruis. Ons onthou mekaar nie van daardie kamp nie, maar ons glo nie dit was blote toeval nie. Soms plant God klein oomblikke in ons verlede wat eers later sin maak. Dit is vir ons ’n herinnering dat sekere dinge bedoel is om te wees – selfs al sien ons dit nie dadelik raak nie.