Ons is baie opgewonde om ons groot dag met julle te deel, daarom het ons die gastelys met groot sorg gekies sodat ons ons huwelik saam met die mense naaste aan ons kan vier. Ongelukkig kan daar dus nie plus ones of kinders buiten die wat deel is van die seremonie by kom nie.
Julle teenwoordigheid en die feit dat julle ons huwelik saam met ons vier is geskenk genoeg vir ons. Indien julle wel ietsie ekstra wil gee, sou ons 'n bydrae aan ons toekomende lewe saam opreg waardeer. Kontak ons gerus vir besonderhede.
Ons versoek dat gaste semi-formeel aantrek. Dit beteken onder andere geen denims asseblief :).
Nie-alkoholiese verversings sal verskaf word voor die seremonie en tydens die canapes. Daar is ook 'n kontant kroeg beskikbaar op die perseel. Let wel dat geen buite drank toegelaat word nie en Venue Nouveau voorhou die reg om karre te deursoek.
Ons versoek dat enigeiemand wat 'n spesifieke dieet volg (b.v. vegetaries, gluten-vry, etc.) ons vroegtydig laat weet sodat ons kan reel met die venue om spesiale etes te voorsien.