RSVP asseblief voor of op 15 Junie 2025, sodat ons die finale getalle betyds aan die venue kan deurgee.
Ons wil graag ‘n intieme en spesiale dag saam met ons geliefdes vier. As gevolg van beperkte spasie, kan ons ongelukkig net ons formeel-genooide gaste akkommodeer. Indien ‘n plus een toegelaat word, sal dit op jou "Save the date" kaartjie aangedui wees – bevestig asseblief vooraf met ons.
Kinders is slegs welkom indien hulle deel is van ons naaste familie of die bruidsgeselskap. Stuur asseblief vir ons 'n boodskap indien jy onseker is.
Ons vra dat julle asseblief julle fone en kameras tydens die seremonie wegsit aangesien ons wil hê dat julle die spesiale oomblik saam ons moet geniet. Ons het 'n professionele fotograaf en videograaf wat die seremonie vir ons vaslê. Anders as die seremonie, ja! Neem asseblief soveel foto's en videos as wat jy wil!
Daar sal nie ‘n oop kroeg wees nie, maar daar sal ‘n kaartkroeg wees waar julle met kaart kan betaal. Na die seremonie sal elke gas ‘n komplimentêre verwelkomingsdrankie ontvang, en vir dié wat nie alkohol drink nie, sal daar ook komplimentêre sap beskikbaar wees.
Die seremonie sal buite plaasvind, terwyl die onthaal binne sal wees. Ons wil julle graag aanmoedig om die weer vir die dag dop te hou, aangesien dit Augustus is en dit dalk koel of winderig kan wees. Maak asseblief seker dat julle gemaklik en gepas geklee is vir die buitelug!
Ons vra asseblief dat almal formeel aantrek vir ons troue. Mans kan hul beste pak dra (geen jeans), en dames word aangemoedig om lang rokke te dra. Ons het ‘n spesifieke kleurskema waarvoor ons gaan, en om julle te help, het ons ‘n Pinterest-bord met inspirasie geskep. Julle kan die skakel hier vind: https://pin.it/4tre21JPR. Stuur asseblief vir ons 'n boodskap indien jy nie die skakel kan oopmaak nie.
Die troue begin om 16:00, so ons vra asseblief dat julle teen 15:30 alreeds op julle sitplekke sal wees.
Wanneer julle die terrein van die venue binnekom, sal daar volop parkering beskikbaar wees vir al die gaste. Dit sal duidelik sigbaar wees waar julle kan parkeer.
As jy nie die troue kan bywoon nie, laat weet ons asseblief deur die RSVP-skakel wat ons gestuur het. Ons sal jou baie mis, want elke persoon wat ons uitgenooi het, is vir ons baie spesiaal. Ons sou dit regtig geniet het om hierdie spesiale dag saam met jou te vier!
Die grootste geskenk van alles is jou teenwoordigheid op ons spesiale dag! Indien jy egter wil bydra tot ons wittebrood, kan 'n kaartjie in die kaartboks by die onthaal gegooi word.