2:30 pm
Kleredrag is Semi-Formeel, ons kleur skema is wit, pienk, grys en swart. Moet asseblief nie voel julle moet dit dra nie, selfs net n klein ietsie wat by die kleure pas, is heeltemal voldoende. Neem in ag dat dit op die plaas gehou word so plat gemaklike skoene word aanbeveel.
Ons vier graag hierdie speciale dag as n volwassenes-geleentheid. Ons hoop julle verstaan dat kinders nie by kan woon nie. Belangrike kennisgewing : Alle gaste sal met n “Game Drive” na die seremonie vervoer word. Dit is daarom baie belangrik dat gaste asseblief betyds arriveer, aangesien laatkommers ongelukkig nie by die “Game Drive” sal kan aansluit nie en die seremonie sal misloop. RSVP asseblief teen 1 April 2026.