Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading

Moontlike Vrae

The Wedding Website of Chantell Ribas and Morgan Gregory
Ons het probeer voorspel wat julle dalk wil weet. Hier is ’n paar moontlike vrae. Indien hierdie nie al julle vrae beantwoord nie, is julle altyd welkom om ons te kontak: Voor die troudag: Morgan Gregory (072 767 4956) Chantell Ribas (072 754 2074) Op die troudag: Franci-Mari Gregory (081 568 6425)
Question

Is daar ’n braai die Vrydag aand en hoe werk dit?

Answer

Natuurlik – hoe dan anders! Ons wil graag saam met almal van ver en naby kuier, aangesien ons mekaar so min sien. Ons wil dus die geleentheid gebruik om almal bymekaar te hê. Almal wat RSVP vir die verwelkomings braai sal op ’n WhatsApp groep geplaas word waar ons al die besonderhede vir die braai sal deel.

Question

Is daar ’n kontantkroeg?

Answer

Ons (veral Morgan 😉) het hard gesoek vir ’n venue waar almal hulle eie koelerbokse kan saambring. Bring dus gerus jou eie drankies volgens jou voorkeur.

Question

Is daar slaapplek op die venue?

Answer

Ongelukkig nie. Ons het wel onder “Verblyf” ’n paar opsies in die area saamgestel.

Question

Hoe laat eindig die troue?

Answer

Stiptelik om 23:59 moet almal die venue verlaat. Morgan het probeer onderhandel vir ekstra tyd, maar ongelukkig sonder sukses.

Question

Teen wanneer moet ek RSVP?

Answer

Alle gaste moet asseblief op die laatste teen die 22 Julie 2026 RSVP.

Question

Hoe werk dit met kinders?

Answer

Daar word nie formeel vir kinders tafel gedek nie (tensy anders persoonlik met julle gekommunikeer word). Julle is welkom om stoeltjies, komberse of trollies saam te bring vir hulle gemak – skote is natuurlik ook altyd ’n opsie. Julle is meer as welkom om julle kinders saam te bring – hulle is deel van die fees. Ons verstaan egter ook heeltemal as mamma en pappa lus is vir ’n alleen-aand uit. Laat weet ons asseblief met RSVP wat julle plan is.

Question

Hoe laat begin die seremonie?

Answer

Die seremonie is geskeduleer 14:00 vir 14:30. Maak asseblief seker julle is teen 14:20 gesit, sodat ons betyds kan begin en genoeg tyd het om saam te kuier.

Question

Waar vind die troue plaas?

Answer

Die seremonie en onthaal vind plaas by Droom Groot Venue. 📍 Adres: Portion 107 of Farm 369 JR, Boschkop Rd, Pretoria, 0056