Die twee het in Worcester se bekende kuierplek Tuskers die eerste keer oë op mekaar gelê, nie so oulik soos wat dit klink nie. Dirk het twee van sy vriende probeer "wing", maar soos almal vir Berita ken was sy nie veel gepla nie. Dirk het haar toe oortuig om 'n metgesel te wees vir een van sy vriende vir sy suster se troue wat toe oor twee weke was. Twee weke gaan toe verby en daar sien Dirk en Berita mekaar weer by sy suster se troue hy vra haar toe "wat maak jy hier, moet jy nie nog by die skool wees nie?" so snaaks soos wat Dirk dink hy is. Dit was ook die enigste gesprek tussen die twee vir daai aand want Dirk moes sy bed al vroeg gaan soek. Twee weke na die troue is Berita vir Paasnaweek in Struisbaai. Sy en haar vriendin stap toe by Thirstys in en daar staan Dirk. Hy sê toe vir haar "as jy my nommer soek kan jy my maar net vra, jy hoef my nie te agtervolg nie." Berita het haar weer nie teveel aan hom gesteur nie. Die aand daarna is hulle albei weer in Thirstys, die twee het toe lekker aan die gesels geraak nadat een van Dirk se vriende vir hom gesê het Berita dink hy is "sexy". Hy het toe haar nommer gevra en van daai oggend af het die twee nog nooit ophou gesels nie. Dit was nou nie love at first sight nie maar daai aand van 21 April 2019 het die twee geweet hulle gaan n lang toekoms saam hê.