Alishia en Marnits het gedurende Augustus 2021 vir die eerste keer kennis gemaak, nadat Alisha 'n "Facebook Friend Request" van Marnits aanvaar het. Hulle het aan die praat geraak en in November van dieselfde jaar amptelik in persoon ontmoet. Alishia kon haar oë nie glo nie! Marnits het soos 'n mooi rugby speler gelyk in sy Boerboel Broekie en Marnits se asem was weg geslaan deur Alishia se skoonheid. Soos wat hulle nader aan mekaar gestap het, het beide geweet: "Die koeël is deur die kerk" - die begin van alles het in daardie oomblik afgeskop.