Ons paaie het gekruis toe ons studente by Boland College was. Ons het eers in die klasse net na mekaar geloer , maar nie regtig gepraat nie. Ons vriende groep het een aand by 'n kuierplek gaan kuier en daar het ons lekker aan die gesels geraak en dis waar ons liefdes flammetjie begin het . Ons het vir eers net heen en weer gekuier as vriende, maar die butterflies was elke keer daar as ons mekaar gesien het en ons het net 'geclick'. Johan het vir Monicha gevra om sy valentine te wees en hy het haar uitgeneem vir 'n cocktail en daar het ons net heel aand gesels en gelag, daar en dan het ons besef dat die liefdesflam net groei. Johan het haar gevra om sy miesie te wees op 20 febuarie 2016. Ons het verloof geraak op 6 Augustus 2020 op die familie plaas Brookfield, Murraysburg. Ons het vir 4 jaar deur duk en din by mekaar gestaan en nou begin die nuwe avonture in ons lewe.