Ons huis is reeds geveer, so ons sal 'n geldjie baie waardeer. 'n Koevert op die dag is welkom of 'n bydrae in die bank. Ons waardeer elkeen se bydrae om ons drome waar te maak opreg! Dankie vir julle liefde en ondersteuning. M Heckroodt ABSA Bank Cheque account 9238 1352 66 Branch 632 005
Ongelukkig geen kinders nie, behalwe nabye familie soos per uitnodiging. Kom geniet 'n date night saam met ons!
Ongelukkig geen metgeselle nie, tensy dit spesifiek so op jou uitnoding aangedui is.
Daar sal 'n kontant kroeg beskikbaar wees teen lekker pryse. Voorstelle vir jou gunsteling drankie is welkom! Na die troue, kan ons na die boma beweeg vir die after party!
Kleredrag vir die troue is semi-formeel. Kleurskema vir die troue is nude en neutrale kleure. Dit sluit in enige skakerings van cream, beige, bruine, champagne, grys kleure, koffie kleure ens. Vra asseblief as jy onseker is! (Ek het 'n foto van 'n kleur palet😊)
Ons wou graag 'n naweek troue hou soos per Save The Date genoem, maar daar is ongelukkig reeds 'n troue vir die Vrydag geboek en dus is daar nie meer akkommodasie vir Vrydagaand beskikbaar nie. Daar is steeds akkommodasie vir die Saterdagaand beskikbaar. Ons wil graag voorkeur aan naaste familie en vriende gee, asook die gaste wat ver reis. Gaste kan solank net 'n aanduiding gee indien jy graag die Saterdagaand wil oorslaap. Daar is baie reëlings om te tref rondom die akkommodasie en ons sal dit so gou as moontlik deurgee. Dankie vir julle geduld!