Ons twee het minwetend op 25 Augustus 2019 by ‘n zoepweek aksie om ‘n bak roomys en cones ontmoet. Soos alles in die lewe vat goeie goed tyd. Ons het in die 2020 nuwejaar begin gesels en die koeël was toe al reeds deur die kerk. Covid het ‘n onseker maar tog opwindende element by ons begin dae gevoeg. Ons kon egter heen-en-weer kuier en op 15 Mei 2020 het ons begin kys. Ons het in Augustus van 2020 saam ons studies op die PUK na Covid hervat. 2021 was ons laaste jaar saam op kampus. Hier moes ons saam groei van Covid couch patatoes na post-lockdown studenteleiers. Met akademie in die agtergrond, natuurlik. Melienke het toe in 2022 begin skoolgee terwyl Dian sy laaste jaar van studies moes afhandel. Hier het ons begin leer van langafstand. Dit was toe darem net Parys se koppies wat ons geskei het. Vanaf 2023 deel ons dieselfde provinsie (Hak Vrystaat), maar met ‘n paar dorpe op die N1 tussen ons. Ons is egter baie dankbaar vir wat die seisoen vir ons geleer het. Op 19 Desember 2023 het ons verloof geraak en soos altyd kyk het ons nog nooit terug gekyk nie. Die dankbaarheid van hoe geseënd ons is oorweldig ons daagliks. Jare later, en baie sakke sout en kilometers verder, het Jesus ons geseën om vir altyd met mekaar te kan deel in die huwelik. Ons wil dit saam met julle vier, want julle lê ons twee baie na aan die hart.