Ek, Marthinus, was genooi na 'n kuier van Arissa, 'n goeie vriendin van my en Marizanne se toe flat maat, in Stellenbosch aan die einde van Jool. Soos ek in stap sien ek 2 meisies sit agter by die stoep en een staan dadelik uit as beslis een van die mooiste meisies wat ek ooit gesien het. Ek dink dadelik ek sal 'n goeie indruk op haar moet maak, so ek probeer almal groet en sy, natuurlik, weier toe om op te staan of my enigsins te groet. Ek, vernietig, besluit maar dis dalk my oop maag en Simonsberg Khaki wat my naam vir my weggegooi het, en besluit ek staan nie 'n kans met die meisie nie. Marizanne het eintlik besluit sy is nie daai jaar geintreseerd in 'n verhouding nie. Dit was toe dat ons elkeen sonder enige verwagtinge so lekker met mekaar kon gesels dat ons dadelik gekliek het. Ek het toe binne 'n week besluit om haar uit te vat op my drie-part ulti-date, wat geindig het by Coetzenburg Dam, en ek het haar toe finaal vir my laat val, deur haar te probeer dra en toe op 'n stomp neer te val. en dit is vandag nog onder debat wie vir wie uit gevra het na die stomp, maar ek glo steeds Marizanne kan net nie onthou dat dit sy was nie, as gevolg van die moontlike harsingskudding.