Sodra ons 'n RSVP ontvang dat jy/julle ons spesiale dag gaan bywoon, sal ons die verblyf vir jou aanstuur.
Liewe Mamma's en Pappa's- al is kinders vir ons baie spesiaal, het ons besluit om hierdie dag as ’n volwassenes-alleen viering te hou. Dankie vir julle begrip.
Aangesien Jeandre duur hobbies en smaak het, vra Marlanie liewers 'n bydrae in die vorm van 'n geldjie sodat sy hom kan onderhou.
Ons vra dat almal 15:30 by die kerk sal wees.
Die "dress-code" is Semi-formeel. Enige herfs of selfs winter kleur skakerings is welkom, om die koue Clocolan warm te maak.